Kattegat

Kattegat

Nasa-Satellietbeeld van die Kattegat
Koördinate:56°55′42″N 11°25′41″O / 56.92833°N 11.42806°O / 56.92833; 11.42806Koördinate: 56°55′42″N 11°25′41″O / 56.92833°N 11.42806°O / 56.92833; 11.42806
Ligging:Denemarke en Swede
Soort:Seestraat en baai van die Atlantiese Oseaan
Oppervlakte:30 000 km² (12 000 mi²)
Invloei:Oossee
Uitvloei:Skagerrak
Eiland/e:Seeland, Funen
Nedersettings:Gotenburg, Aarhus
Skagerrak en die Kattegat.

Die Kattegat (Deens: [ˈkʰad̥əɡ̊ad̥]) of Kattegatt (Sweeds: [ˈkatːɛˈɡatː]) is 'n baai van die Noordsee en vorm die seestraat tussen Denemarke en Swede. Dit maak deel uit van die verbinding tussen die Noord- en die Oossee wat deur die Skagerrak, die Kattegat en die Sont gevorm word.

Riviere wat in die Kattegat uitmond, is die Göta älv by Gotenburg saam met die Lagan, Nissan, Ätran en Viskan uit die provinsie Halland aan die Sweedse kant, en die Gudenaa uit Jutland in Denemarke.

Die hoofeilande van die Kattegat is Samsø, Læsø en Anholt, waar die laaste twee, na aanleiding van hulle droë somerklimaat, as die Deense woestyngordel bekend staan.

Die naam Kattegat kom van die Nederlandse en Nederduitse woorde kat en gat. Dit verwys na Middeleeuse navigasie, waar kapteins na die gebied verwys het as so nou soos 'n kattegat – 'n opening waardeur net 'n kat kan kom, aangesien daar heelwat vlak gebiede in die omgewing is wat navigasie bemoeilik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search